spacer
spacer
 
Advertisement

Weekly Club News

Ruben wen Philren

RUBEN WEN PHILREN

 

Op Woensdag 20 Augustus 2008 het Ruben Barnard (voorgee 5) die maandelikse Philren Houespel kompetisie met ‘n skitterende bruto-telling van 72 gewen. In die netto-afdeling het die altyd bestendige Martiens Mulder die A-afdeling met ‘n netto-telling van 72 houe gewen. Die B- en C-afdelings is onderskeidelik deur Mick Skalecki  (67 houe) en Joe Luggen (67 houe) gewen. Mosselbaai Gholfklub wil opreg dankie sê aan Martin van Rensburg van Philren Makelaars vir hulle getroue borgskap wat al oor baie jare strek.

 

Vrydag 22 Augustus 2008 het groot pret sowel as goeie gholf opgelewer. Die maandelikse “Double Whammy” 9 putjie kompetisie het vir groot opwinding, asook vir ‘n goeie kwota frustasie gesorg. Jauckie Viljoen het hom min aan die moeilike penplasings gesteur deur ‘n formidabele 42 punte aan te teken. Dirk Green het hom ook goed van sy taak gekwyt deur vanaf ‘n voorgee van twee ‘n goeie telling van 38 aan te teken. Elmarie van Niekerk het ook 38 punte aangeteken, maar moes na die uittel met die derde plek tevrede wees. Die alom bekende Philip Gous se 7 punte het verseker dat hy loshande die laaste plek ingeneem het. Selfs die pakkie kalmeer-pille wat hy gewen het, kon nie sy gemoedstemming veel verander nie.

 

 Die Srixon Beterbal Stableford kompetisie wat op Saterdag 23 Augustus 2008 in gure weersomstandighede plaasgevind het, het skynbaar nie vir die alom teenwoordige Thelma Winterbach en Stephan Sieberhagen gepla nie. Hulle het die kompetisie op ‘n drafstap op 48 punte gewen. Jose Coelho en Jauckie Viljoen,wat tans goed op dreef is, het die tweede plek op 46 punte ingeneem. Llewellyn Struthers en Schalk Olivier het na die uittel die derde plek ingeneem.

 

Vrydag 29 Augustus 2008 is dit alweer “Fantastic Friday” tyd. Hierdie nege putjie kompetisie gaan van krag tot krag. Mooi pryse kan gewen word, asook heerlike verversings wat na die spel geniet kan word. Daar is nie ‘n beter manier om ‘n naweek mee af te skop as deur saam met vriende gesellig te verkeer nie. Hoop ons sien sommer ‘n klomp spelers by hierdie heerlike geleentheid.

 

 Die Algemene Jaarvergadering vind op Woens 8 Oktober 2008 om 18h30 in die Klubhuis plaas. Lede word versoek om nou reeds ‘n aantekening in hulle dagboeke te maak en moeite te doen om hierdie vergadering by te woon.

 
< Prev   Next >
 
golfFeel free to make any suggestions you might have for the improvement of this website